Vottle - Free classifieds

Wie Praat Nou? ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie
R 220.00

Dié boek is die eerste van ʼn reeks opeenvolgende boeke wat vanuit ʼn spiritueel/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Ons gaan op die lange duur meeste van die aspekte van die lewe bespreek waaroor almal soms wonder en dan redeneer dat daar geen antwoorde daarop bestaan nie. Die hoër leringe wat u hierin gaan vind, is geensins aangepas om by mense se huidige geloofssisteme in te val nie. Geen doekies gaan omgedraai word nie. Hierdie reeks boeke is daarom gemik op daardie mense wat gereed is vir ʼn hoër Waarheid en reguit antwoorde; mense wat in ʼn sekere bewussynstoestand verkeer; mense wat gewillig is om uit te reik na ʼn hoër begrip van die lewe en wat smag na innerlike en uiterlike vryheid, vrede en oorvloed. Is jý gereed om ou, uitgediende en onpraktiese geloofsoortuiginge te laat vaar en dit te vervang met ʼn hoër Waarheid? Indien wel, hallo en welkom liewe Medeskepper. Kom leer meer van jouself en Self, jou lewensomstandighede, ander mense, die lewe in die algemeen, God, Sy Skepping, die werkinge daarvan en die interaksie tussen alle dinge.

Om ʼn gratis PDF dokument (21 bladsye wat uittreksels en die volledige indeks bevat) te ontvang, stuur gerus ʼn e-pos aan: wiepraatnouboeke@vodamail.co.za. Die boek kan ook direk bestel word deur ʼn e-pos aan lg. e-posadres te stuur.

Skrywer: T. Goosen
Illustreerder: T. Goosen
Kategorie: Liggaam/verstand/siel/gees
Formaat: Sagteband; 150 X 220mm
Illustrasies: 4 kleurillustrasies en 11 swart-en-wit illustrasies
Bladsye: 188
Prys: R220 posgeld ingesluit
ISBN: 978-0-620-48201-1
Publikasiedatum: 02 September 2011
Image 0

At a glance
Unique Reference: 1910964
For sale: R 220.00
eBucks Not accepted
Location: South Africa
Date posted: 28 November 2011
Viewed: 222 times
Posted by:Unknown User


   

Additional information
Author: T. Goosen
Category: Self-Help
Condition: New
Cover type: Softcover
Special attributes: 1st Edition

No comments have been posted for this advert.