Vottle - Free classifieds

Skryf 'n Afrikaanse boek saam met 'n gepubliseerde skrywer.

Ontsnap na 'n eie wereld en skryf in vir een van Janie Oosthuysen se suksesvolle Skryfgeheime-kursusse. Hierdie gewilde skryfkursusse is prettig, prakties, markverwant en een-op-een.

Jy werk per e-pos teen jou eie pas onder leiding van 'n bekroonde skrywer wat al amper 200 suksesvolle boeke geskryf, vertaal en geredigeer het.

Klink dit "scary"? Glo my, dis die beste manier om te leer skryf! Jy sal self sien hoe vinnig jy regkom met hierdie soort interaksie.
Stories skryf kan 'n lonende stokperdjie wees.

Vir meer inligting google skryfgeheime, klik op die skakel en besoek die Skryfgeheime-webwerf by
http://www.skryfgeheime.co.za. Of reageer op die advertensie en ontvang 'n e-brosjure met volle besonderhede oor die Skryfgeheime-kursusse.

Gee vorm aan daardie droom wat jy al so lank koester en begin skryf jou eerste boek.

SKRYF NOU IN VIR:
* Die Algemene Kreatiewe Skryfkursus
* Die Kinder- en jeugboek-kursus
* Die Prenteboek-kursus

Is jy skepties?
LEES DIE TERUGVOER OP DIE PRENTEBOEK-KURSUS.

Hallo Janie

Dit raak net beter en beter ... eers was Module 3 my gunsteling, maar ek het Module 4 NOG MEER geniet! So baie dat ek eers weer deur al die ander modules gewerk het en notas gemaak het van wat jy reeds van die begin af uitgewys het as belangrike vereistes vir prenteboeke.

Die navorsing op die internet oor Rosie's Walk het my amper op my rug laat val oor hoe dit gedoen word in die praktyk. Dit is ongelooflik hoeveel 'n mens leer (en besef jy het misgekyk) as jy ander analises lees.

Groete uit 'n koue Baghdad. Dit was 'n ysige 4.6 grade toe ek my neus net na 08:00 by die deur uitsteek.

Ben Kleynhans

Besoek:
http://www.skryfgeheime.co.za
Image 0

At a glance
Unique Reference: 1577139
Location: North West Province, South Africa
Date posted: 18 December 2011
Viewed: 2336 times
Posted by:Unknown User
Contact telephone: Click me!


   

No comments have been posted for this advert.